top of page
Lané - Die Storie van 'n Beeld

Lané - Die Storie van 'n Beeld

R8 000,00Price

Hierdie is die fotoverhaal van hoe die beeldjie van Lané ontwikkel het. Leon en Gretha het die foto links bo aangestuur om as basis vir die beeldjie te dien. Die volgende stap was die maquette (skaalmodel) wat uit plastiseenklei gemaak is (middel links). Hierdie beeld het ek aan hulle voorgelê om te verseker dat hulle tevrede is (hier het die verhaal so ’n klein draaitjie gemaak – die opdrag was om ’n beeldjie  te maak wat nie te veel na enige van Lané of Marle, haar ouer sussie, lyk nie. Die gesiggie het  egter te veel na Lané gelyk en die resultaat was dat ek nog ’n opdragwerk gekry het – Marle se  beeldjie volg!). Die maquette was 200mm hoog en hulle het besluit dat die beeldjie effe groter moes wees. Die wasbeeld wat middel regs verskyn, is dus 250mm hoog. Die beeldjie is ook effe skraler om ’n ietwat ouer dogtertjie uit te beeld. Die laaste stap was dan om die beeld in  brons te giet. Links onder is die keramiekgietvorm van die beeldjie.

 

Dimensions:  220 x 100 x 150

 

Year Created: 2017

 

 

200 x 100 x 150

 

Please quote Sculpture Name in order email

bottom of page